
=====================================================================
12 - Landbou, Bosbou en Visserye
=====================================================================


12
LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE

Landbou

Landbou is baie belangrik vir Suid Afrika. Ons moet nuwe landbou-metodes ontwikkel wat ons hulpbronne soos land, grond en water sal beskerm.

Slegs 'n klein gedeelte van ons land is besonder geskik vir landbou. Die meeste van die goeie grond word aangewend vir landbougewasse. Daar is baie min ren in die grootste dele van die land. Dit maak dit moeilik om te boer. Omtrent die helfte van ons water word vir landbou gebruik.


Die groot plase het ons al van groot hoeveelhede kos voorsien. Maar soms is landboumetodes aangewend wat die grond beskadig het. Hulle het baie chemikalie, soos kunsmis en plaagdoders, gebruik. Hulle het ook slegs een soort gewas geplant. Hierdie faktore, asook die ho waterverbruik deur gewasse, en swaar masjinerie, het die grond beskadig. Die apartheidsbewind het aan boere geld gegee vir hierdie soort landbou. Die gebruik van te veel chemikalie vir landbou het ook ons riviere beskadig en baie soorte vols doodgemaak.


Daar is baie min beheer oor die chemikalie wat vir landboudoeleindes gebruik word. Wanneer boere te veel kunsmis, plaagdoders en ander chemikalie ebruik, word hierdie chemikalie deur die ren in die riviere ingespoel. Die gebruik van te veel chemikalie kan plaswerkers se gesondheid benadeel. Sommige boere wil nie vakbondverteenwoordigers op hulle plase toelaat om met werkers te praat nie.


`n Groot deel van die grond wat vir weiveld gebruik word is beskadig omdat te veel vee die gras en ander plante gevreet het. Dit is veral die geval in die voormalige tuislande.


Vir 'n lang tyd wou boere nie tradisionele sade en vee gebruik nie. Maar nou probeer sommige boere dit doen. Hulle vind dat Suid-Afrikaanse plante en vee beter oorleef as ingevoerde soorte. Suid-Afrikaanse vee ly nie so erg onder droogtes en siektes nie.

Aanbevelings vir landbou


1. Die regering behoort landboumetodes aan te moedig wat nie baie chemikalie vereis nie. Hulle sal boere moet oplei en hulle wys hoe om dit te doen. Landbou se belangrikste oogmerk moet wees om genoeg kos aan ons mense te verskaf. Plaaswerkers moet ook 'n redelike besoldiging ('living wage') ontvang.


2. Baie van die grond wat herverdeel gaan word, is reeds beskadig. Die regering moet bystand aan nuwe boere verleen om hulle te help om die grond te herstel. Die regering moet ook opleiding en hulp aan hierdie nuwe boere verskaf sodat hulle behoorlik kan boer.


3. Die regering moet nuwe metodes vind om ons grond te beskerm. Dit is baie belangrik. Die regering moet meer geld en personeel hiervoor beskikbaar stel. Die regering moet nie boere help om swaar masjinerie te koop wat ons grond beskadig nie.


4. Die hulp en opleiding wat die regering aan boere verskaf moet klein en arm boere bereik.


5. Die regering moet boere aanmoedig om baie verskillende soorte gewasse saam te plant. Hulle moet ook boere aanmoedig om elke jaar ander soorte gewasse te plant. Die regering moet opleiding aan boere verskaf wat hierdie dinge aanbetref. Die wette moet verander word om dit aan te moedig.


6. Die regering moet 'n studie maak van die mate waarin suikerplase in Natal die omgewing beskadig. Die regering moet maniere uitwerk om hierdie skade stop te sit.


7. Die regering moet nuwe landbou-metodes, wat nie die grond beskadig nie, bestudeer. Dit moet aan boere se behoeftes gekoppel word.


8. Die regering moet besluit of gevaarlike chemikalie op ons plase gebruik kan word. Sommige chemikalie wat hier gebruik word, is verban in ander lande. Boere en werkers moet opgelei word om bewus te wees van die gevare wat die chemikalie waarmee hulle werk, inhou. Hulle moet beskermende klere dra.

9. Ons het beter stelsels nodig om vas te stel watter soort chemikalie op plase gebruik word en hoe dit die omgewing benvloed. Plaaslike boere en gemeenskappe behoort by hierdie stelsels betrokke te wees.


10. Die regering moet inligting insamel oor hoeveel skade alreeds aan ons weivelde aangerig is. Hulle moet metodes vind om verdere skade aan die grond te verhoed.


11. Die regering moet 'n studie maak oor watter soort Suid-Afrikaanse plante vir landboudoeleindes gebruik kan word. Hulle moet ook tradisionele landboumetodes bestudeer en bepaal hoe dit aangewend kan word vir omgewingsbewaring op ons plase.

Bosbou


lnheemse woude : Daar is baie min inheemse woude oor in Suid-Afrika. Die meeste van ons natuurlike woude is oor die afgelope honderd jaar afgekap. lnheemse woude word deur die Departement van Waterwese en Bosbou bestudeer.


Kommersile plantasies: Byna driekwart van ons plantasies word deur privaat maatskappye besit. Die res word deur die regering besit by wyse van die Suid-Afrikaanse Bosbou Maatskappy (Safcol). Die helfte van die plantasies bestaan uit dennebome. Die ander helfte bestaan uit gom- en wattelbome. Die meeste van die plantasies word in Natal en die Oos-Kaap aangetref.

Die meeste van die hout afkomstig van die plantasies word gebruik om papier te vervaardig. Baie van ons hout word oorsee verkoop. Sommige van die hout word gebruik vir ondergrondse stutte in myne. Plantasies verskaf werk aan mense in die platteland.


Kleinboere kan ook bome verbou. Dit kan ons ekonomie help groei. Maar plantasies kan 'n nadelige invloed op die omgewing h, byvoorbeeld:


a) 'n verlies aan bio-diversiteit. Slegs een soort boom word in 'n plantasie verbou. Daar was baie verskillende soorte plante en diere in die graslande of natuurlike bosse voordat die plantasie daar was.

b) plantasies gebruik baie water

c) namate nywerhede meer hout benodig sal nog plantasies aangeplant moet word. Dus sal minder grond vir ander gebruike beskikbaar wees.


Plaasplantasies : Daar is nie baie inligting beskikbaar oor hoeveel plaasplantasies daar in Suid-Afrika is nie. Baie blanke boere kweek bome vir hout vir hulle werkers om mee vuur te maak.


Daar is vyf verskillende soorte plaasplantasies in die voormalige tuislande:


a) Departementele plaasplantasies: Hulle is gevestig deur die Departement van Bosbou op grond wat deur 'n stamowerheid verskaf is. Sommige is rondom inheemse woude en graslande aangeplant om hulle te beskerm.


b) Munisipale plaasplantasies: Die stadsraad kweek hout om te verkoop.


c) Gemeenskaplike plaasplantasies: In sulke plantasies word die bome deur die hele gemeenskap besit.


d) Stamowerheid plaasplantasies: Hulle is aangeplant deur die Department van Bosbou en aan die stamowerheid oorhandig om te versorg.


e) lndividuele plaasplantasies: Baie plattelandse huishoudings plant hulle eie plaasplantasies aan. In Kwazulu kweek baie hout-standplaas-eienaars wattelbome om die bas te verkoop. Wattelhout is baie goeie vuurmaakhout. Kleinboere in Kwazulu kweek gombome om pale aan groot maatskappye te verskaf. Die oorskiethout word gebruik om mee vuur te maak.


Daar is geen oorhoofse bosbou-beleid oor die behoorlike bestuur van bosbou nie. Maar in 1989 het die maatskappye hul eie gedragskode opgestel. Sedert 1972 moes 'n maatskappy 'n permit van die Departement van Waterwese en Bosbou bekom om 'n nuwe plantasie aan te plant. Die Departement moet nagaan hoeveel water die plantasie sal verbruik. Hulle moet ook bepaal watter uitwerking die plantasie op die omgewing sal h. Plantasies mag nie op 'n rivieroewers aangekweek word nie.


Die permitstelsel het ten doel om ons water te bewaar. Maar die standaarde vir die permit is meer as 20 jaar gelede opgestel. Baie het sedertdien verander. Die permitstelsel moet heroorweeg en verander word. Dit blyk ook dat sommige mense die bepalings van hulle permitte oortree sonder om gestraf te word. Die rivier-gebiede in plantasies wat in privaat besit is, word beter opgepas as di in besit van die regering.


Byna driekwart van ons plantasies is aangeplant voordat die permitstelsel in werking gestel is. Die betrokke plantasies vereis nie permitte nie. Permitte is nie in die voormalige tuislande gebruik nie. So daar is geen doeltreffende kontrole oor hierdie plantasies nie.


Beleidsake vir die nuwe regering

Ons natuurlike woude is baie belangrik. Hulle beskerm bio-diversiteit en ons water.

Hulle is belangrik vir die land se gesondheid. Hulle kan ook plaaslike gemeenskappe bevoordeel. Ons het 'n nasionale beleid nodig wat die behoeftes van die mense, en die bosbou-maatskappye, byeenbring.

Die regering moet vasstel watter invloed plantasies op die omgewing het.

Maatskappye moet poog om die grond wat hulle gebruik beter te benut eerder as om nuwe plantasies op meer grond aan te l.

Aanbevelings vir bosbou


1. Die regering moet 'n bosbou-beleid ontwikkel wat beide die omgewing, sowel as die behoeftes van die mense, in ag neem. Die regering moet ook oorweging skenk aan watter Departement in beheer van bosbou moet staan.


2. Plaaslike gemeenskappe en kleinboere moet deelneem aan die formulering van die beleid.


3. 'n Spesiale bosbou-eenheid van die regering behoort na inheemse woude om te sien.


4. Paraffien, hout en steenkool behoort beskikbaar gestel te word aan mense in die voormalige tuislande. Dit sal keer dat mense te veel bome afkap vir hout.


5. Ons moet ons inheemse woude help groei. Die regering moet bosbouprogramme opstel waarby plaaslike gemeenskappe betrek word. Die regering moet programme opstel om inheemse bome aan te plant.

6. Die regering moet 'n studie maak oor die invloed wat plantasies op die omgewing, en op die mense wat daar woon, uitoefen.


7. Die regering moet die permit-stelsel heroorweeg. Sake soos water-tekorte, die verlies aan bio-diversiteit, en die beskerming van natuurskone gebiede, moet ondersoek word. Permitte behoort ook vereis te word vir plantasies wat al lank bestaan, sowel as plantasies in die voormalige tuislande.


8. Alle maatskappye en boere wat bome kweek behoort 'n manifes te h wat hulle help om behoorlik te boer. Die manifes moet stipuleer hoe hulle die omgewing moet beskerm. 'n Bosbou-forum behoort ook in die lewe geroep te word.


9. Die regering moet baie versigtig wees om nog plantasies aan te plant. Dit kan in nadelige invloed op ons omgewing h.

10. Die publiek moet gekonsulteer word oor die kwessie of woude in regerings-besit moet wees of aan private maatskappye verkoop moet word. Die regering moet goed oorweeg wat die gevolge sal wees as inheemse woude aan privaat maatskappye verkoop word. lnheemse woude moet deur die regering beheer word.

Seevisserye


Tydens die apartheidsbewind is baie plaaslike gemeenskappe die reg ontneem om vis, kreef, ensovoorts te vang. Die regering het hierdie regte aan maatskappye in blanke besit toegeken. Die profyt van die maatskappye bereik nie die plaaslike gemeenskappe nie. Vissermanne uit die gemeenskappe moes vir die groot visvang-maatskappye werk om 'n bestaan te maak. Die arm gemeenskappe wat aan die kus bly behoort toegelaat te word om vis te vang sodat hulle kan leef. Hulle het visvanglisensies en kwotas nodig. Hulle het ook geld nodig vir nette en bote.

Die regering besluit elke jaar hoeveel vis daar gevang mag word. Dit word die Totale Toelaatbare Vangs (TTV) ("total allowable catch" - ``TAC) genoem. Hulle moet verseker dat daar nie te veel vis gevang word nie. As te veel vis gevang word sal daar die volgende jaar, of die jaar daarna, nie genoeg vis wees nie. Die regering ken visvanglisensies toe op grond van die TTV. Die TTV moet so laag as moontlik wees om te verseker dat ons visvoorrade nie beskadig word omdat te veel vis in 'n betrokke jaar gevang word nie.


Aanbevelings vir `n vissery-beleid


1. Die regering moet die wyse waarop visvanglisensies en kwotas toegestaan word, verander. Hulle moet seker maak dat gemeenskappe ook visvang-lisensies verkry. Hulle moet ook meer doen om te verhoed dat diegene sonder lisensies, nie visvang nie.


2. Gemeenskappe, nywerhede en vakbonde moet deelneem aan die proses om die stelsel te verander.


3. Gemeenskapsgefundeerde visvangs moet aangemoedig word. Dit sal meer werk aan arm mense aan die kus verskaf. Die gemeenskap kan help om te verseker dat mense nie visvang nie sonder lisensies nie.


4. Die regering moet oorweging skenk daaraan om plaaslike gemeenskappe te help om kooperatiewe te stig om vis te verwerk en te verkoop.

5. Die regte van kleinskaal-vissermanne moet beskerm word. Byvoorbeeld, as treknet-vissermanne deur ski-boot eienaars in Valsbaai lastig geval word, moet hulle beskerm word sodat hulle kan aanhou visvang.

6. Plaaslike gemeenskappe moet toegelaat word om 'n sekere hoeveelheid vis te vang. Die regering moet hierdie gemeenskappe help om nette en bote te koop. In Nieu-Seeland word agtergeblewe gemeenskappe toegelaat om 'n tiende van die land se vis te vang. Die regering gee hulle toelae om toerusting mee te koop.

7. Die regering moet nuwe maniere oorweeg om te besluit hoeveel vis groot maatskappye mag vang. Hierdie maatskappye het, op 'n jaar-tot-jaar basis, 'n mate van sekerheid nodig oor hoeveel vis hulle kan vang.

8. Werkers van visvangmaatskappye se voorwardes en regte moet verbeter word.

9. Die reg om vis te vang moet aan Suid-Afrikaanse maatskappye toegestaan word en nie aan oorsese maatskappye nie.

10. Die Departement van Landbou moet vir visserye verantwoordelik wees, nie die Departement van Omgewingsake nie.

11. Meer navorsing moet op hierdie gebied gedoen word. Gemeenskappe moet deelneem aan hierdie navorsing. Navorsing moet ook vasstel hoe plaaslike gemeenskappe gehelp kan word.

---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


